Waar dit als begin het...
Elsabe is 'n talentvolle sangeres en liedjieskrywer wat al optree sedert die ouderdom van 13, maar het al van kleins af musiek leer ken en liefhe. Vir ‘n paar jaar ontvang sy formele sangopleiding by die Gemini Music Academy en na 7 jaar in die musiekbedryf is haar heel eerste CD vrygestel in April 2011. Op hierdie CD kry ‘n mens ‘n voorsmakie van haar sprankelende verhoogspersoonlikheid asook 3 liedjies wat sy self geskryf en gekomponeer het. Sy het al in verskeie kompetisies deelgeneem soos bv die Barnyard Talent Search en Gemini Singing Competition waar sy al verskeie kere as finalis aangewys was en waar sy ook sedert 2008 – 2010 ‘n kategorie wenner was vir Eie Komposisies. Die verhoog het sy al gedeel met kunstenaars soos Vos Reyneke, Waldo Lotz, Annique Lourens, Desmond Wells, Rooies, Hugo Nieuwoudt en Andriette Norman om net ‘n paar te noem. Geleenthede waar sy al voorheen opgetree het sluit in die MTN Varingfees, Kraaifontein Oktoberfees, verskeie ander feeste en skoue regoor die Wes-Kaap, verskeie vakansie programme en ook liefdadigheids geleenthede.